Amper N$660m op ‘studies’ begrootJune 19, 2025
Die regering is bekend daarvoor dat hy talle studies en lewensvatbaarheidstudies uitvoer, ten duurste, met uiters lae implementering. Die Tender Bulletin berig dat amper 660 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar begroot is vir die studies, 4 persent van die totale vekrygingsbegroting, en amper 37 persent meer as wat verlede jaar begroot is. Verlede jaar se begroting van net meer as 482 miljoen dollar was amper 126 persent meer as die begroting vir die 2023-24 boekjaar.