Berigte oor Karan se BKS is voortydig, sê Nam-verteenwoordigerJune 18, 2025

Berigte vanuit die buurland dat bek-en-klouseer by Karan Beef se Nigel- en Albert Falls-voerkraal bevestig is, is volgens Agriforum voortydig. Timo Giersch, een van twee plaaslike aankopers vir Karan wat in beheer is van die kwarantyn-gerief by Okahandja sê toetsresultate van Albert Falls is nog nie beskikbaar nie, terwyl geen bloed tot dusver by Nigel getrek is om te toets nie. Karan Beef koop maandeliks tussen 6 000 tot 7 000 speenkalwers in Namibië en is die grootste aankoper van al die Suid-Afrikaanse invoerders. Dit is meer as die helfte van die sowat 150 000 tot 180 000 beeste wat die land die afgelope twee jaar op die hoef verlaat het. Intussen moes die voerkraalreus op die vooraand van die speenkalfseisoen vir eers sy speenkalf-aankope staak, ook in Namibië, na die uitbreking van bek-en-klouseer by hul Heidelberg-fasiliteit.