Onderwys: Verminder begroting, gee koopbewyse aan ouersJune 17, 2025

Die regering het sowat 24,8 miljard Namibiese dollar begroot vir onderwys in die 2025/26 finansiële jaar. Dit is al lank die norm dat die lynministerie een van die grootste begrotings toegewys word. Die portefeulje vir onderwys is ook vanjaar heelwat groter. In Suid-Afrika het professor William Gumede in ‘n onderhoud met State of the Nation voorgestel dat onderwys ‘n kleiner begroting moet kry. Kosmos 94.1 Nuus het met die regeringskenner professor Johan Coetzee gepraat, wat dieselfde mening huldig. Coetzee verduidelik.