Minstens 15 sterf in massiewe lugaanval op KievJune 17, 2025

Minstens 15 mense is dood en meer as 50 gewond in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle oornag op die Oekraïnse hoofstad, Kiev. Amptenare sê Moskou het meer as 440 hommeltuie en 32 missiele op 27 verskillende plekke gelanseer. ‘n Ballistiese missiel het onder meer ‘n woonstelgebou van nege verdiepings getref. Rusland se ministerie van Verdediging sê hulle het oornag 147 Oekraïnse hommeltuie onderskep en vernietig. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê Rusland se jongste aanvalle is louter terrorisme.