EU stel verbod op Russiese gas teen 2028 vandag voorJune 17, 2025
Die Europese Kommissie sal vandag ‘n verbod op die EU se invoer van Russiese gas en vloeibare natuurlike gas teen die einde van 2027 voorstel. Reuters berig voorstelle sal uiteensit hoe die Europese Unie beplan om sy belofte om dekades oue energieverhoudinge met Europa se voormalige top-gasverskaffer Rusland te beëindig, na die inval in die Oekraïne in 2022. Invoere onder bestaande langtermyn Russiese kontrakte sal dan vanaf 1 Januarie 2028 verbied word – wat die EU se gebruik van Russiese gas teen hierdie datum effektief beëindig.