Vier selfmoorde oor die naweekJune 16, 2025

Vier mans het die afgelope naweek in afsonderlike voorvalle selfdood gepleeg. Vrydag het die polisie op liggame in die Okapya- en Oshaakondwa-nedersettings, asook op Gibeon afgekom. Al drie mans het hulself gehang. Saterdagoggend is ‘n selfdood ook op Leonardville aangemeld. Ook dié oorledene het homself gehang. Die ouderdomme van die mans wissel van 18 tot 49 jaar.