Verskeie rampe tref IndiëJune 16, 2025
Minstens twee mense is dood en meer as 30 beseer toe ‘n brug Sondag in Indië ineengestort het. Verskeie mense is in die proses vermoedelik ook deur die Indrayani-rivier in die stad Pune meegesleur. Indië se nasionale ramp-reaksiemag is ontplooi om te help. Vroeër Sondag het ‘n helikopter met Hindoe-pelgrims ook in die omgewing van die Kedarnath-roete neergestort. Al sewe mense aan boord is dood. Die jongste voorvalle volg vier dae ná die vlugramp in Indië, wat die lewens van minstens 270 mense geëis het.