Drie moorde die naweek, sê NamPolJune 16, 2025

Twee mense is vermoedelik die afgelope naweek in Windhoek vermoor. Saterdagoggend omstreeks 03:00 is ‘n 21-jarige vrou naby die Havana-stortingsterrein dood nadat drie onbekendes haar en haar kêrel na bewering aangeval het. Die kêrel het glo weggehardloop. Met sy terugkeer het hy die oorledene huis toe gedra. Sy was egter reeds dood toe die ambulans opgedaag het. In die ander voorval is ‘n 35-jarige man Saterdagaand na bewering by ‘n kuierplek in Onafhanklikheidslaan doodgeskiet. Die polisie ondersoek ook ‘n moord ná ‘n 32-jarige man Saterdagoggend glo op Ondangwa doodgeskiet is.