Vrae oor betalings aan Air Namibia-likwidateursJune 16, 2025

Plaaslike media berig dat die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni en Ian McClaren, wat tans in die hof poog om die betaling van skeidingspakkette aan die voormalige personeel te keer, self tot dusver 16 miljoen Namibiese dollar betaal is vir die likwidasie dienste. Dit is volgens Namibian Sun, wat ook berig die voormalige werkers word 105 miljoen dollar geskuld. Die likwidateurs is tans in ‘n appèl gewikkel om te keer dat die personeel uitbetaal word. Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen dollar.