Iranse missiele reën neer op Israel June 14, 2025

Iran en Israel het mekaar vroeg vanoggend met missiele en lugaanvalle bestook nadat Israel sy grootste lugoffensief ooit teen sy langdurige vyand van stapel gestuur het. Israel hou vol dit is ‘n poging om te verhoed dat Iran ‘n kernwapen ontwikkel. Lugaanvalsirenes het oor Israel afgegaan, insluitend Tel Aviv en Jerusalem, waar inwoners na skuilings gevlug het. Opeenvolgende vlae Iranse missiele is deur Israelse onderskeppers ingewag. Reddingspanne het die puin van woonstelgeboue in Rishon Lezion, ‘n stad buite Tel Aviv, deursoek.