Landdros sê op 4 Julie oor Mac Hengari se klagtesJune 13, 2025
Landdros Monica Andjaba sal op 4 Julie uitspraak lewer in die aansoek deur Patrick Kauta, regsman vir oudlandbouminister Mac Hengari, dat die klagtes teen sy kliënt van die hand gewys word. Die staat staan die aansoek teen en voer aan dat die ondersoek nog aan die gang is en dus kan geen stappe geneem word nie. Kauta sê op sy beurt dit is ongehoord om Hengari te arresteer en in aahouding te hou alleenlik gebaseer op die staat se weergawe van die gebeure. Hengari is sedert 26 April agter tralies op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek.