Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sienJune 13, 2025

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in ‘n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met ‘n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claudina Shimanda, een van die geaffilieerdes, wat verduidelik.