Aanval op Iran: Olie styg met 8%June 13, 2025
Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle sal volgens Israel se premier Benjamin Netanyahu dae duur.
Israel berei voor vir vegeldingsaanvalle. Intussen sê die VSA hy was nie betrokke in die aanvalle nie maar, dit kom presies 61 dae na president Donald Trump Iran 60 dae gegee het om ‘n kernooreenkoms te bereik. Verder is alle nienoodsaaklike Amerikaanse personeel Donderdag opdrag gegee om die Midde-Ooste te verlaat.