WHS-skoolhoofsaak in die hof vanoggend June 12, 2025
In hofstukke wat by die hoërhof ingedien is, vra Windhoek Hoërskool se skoolraad, onder leiding van voorsitter Tertius Stears, die hof om die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof tersyde te stel. Sy aanstelling sou op 6 Mei vanjaar begin. Die raad voer aan dat die proses nie deursigtig was nie en nie die Wet op Basiese Onderwys van 2020 gevolg het nie. Die raad sê hy het geen aktiewe rol in die onderhoudproses gehad nie en dat die 61 persent wat Nuugulu tydens sy onderhoud behaal het, nie voldoende is nie. Hy het ook sy kommer oor die kandidate voor Nuugulu se aanstelling uitgespreek. Die skoolraad vra vandag vir regter Thomas Masuku vir uitstel tot 26 Junie omdat hy ‘n aansoek wil bring om nog partye by te voeg. Die onderwysministerie verdedig maar het nog nie stukke ingedien nie.