138 miljoen kinders wêreldwyd is werksaamJune 12, 2025
Byna 138 miljoen kinders was in 2024 betrokke by kinderarbeid, insluitend ongeveer 54 miljoen in gevaarlike werk wat waarskynlik hul gesondheid, veiligheid of ontwikkeling in gevaar stel. Dit is volgens die jongste data van Unicef en die Internasionale Arbeidsorganisasie.Vandag is Wêrelddag teen Kinderarbeid. Luidens die data is daar ‘n totale vermindering van meer as 22 miljoen kinders sedert 2020, wat ‘n kommerwekkende styging tussen 2016 en 2020 omkeer. Ten spyte van hierdie positiewe tendens het die wêreld sy teiken gemis om kinderarbeid teen 2025 uit te skakel.