Onveranderde vroue Bokspan vir Kenia vandag June 11, 2025

Die opdrafspan van die Springbok-vroue wat Uganda 62-7 verslaan het, bly onveranderd vir hulle Rugby Afrikabeker-kragmeting met Kenia vandag in Antananarivo, Madagaskar. Die afrigters sê hulle wil momentum behou. Die enigste verandering is op die bank waar die losvoorspeler Nompumelelo Mathe die agterspeler Nomawethu Mabenge vervang. Patience Mokone, wat twee drieë teen Uganda gedruk het in haar eerste wedstryd vir die Bokke, sê Kenia sal ‘n moeilike uitdaging wees: