Miljoene se ngungula gekonfiskeer in NoordeJune 11, 2025
Plaaslike media berig vanoggend dat die Oshana-polisie meer as 776 000 liter ngungula, of Angolese brandstof tussen 2024 en tot datum vanjaar, gekonfiskeer het. Die waarde hiervan beloop 17 miljoen Namibiese dollar. Daar was verlede jaar 72 gevalle gerapporteer wat gelei het tot 47 arrestasies. Vanjaar was daar 29 arrestasies. Owerhede glo sindikate is betrokke en meen die brandstof wat gevind is, is ‘n druppel in die emmer van die brandstof wat oorgrens gesmokkel word. Brandstof is Angola is uiters goedkoop, teen 5 dollar ‘n liter en minder, maar is nie goedgekeur vir plaaslike gebruik nie.