Amushelelo se regsuitdagings verdiepJune 11, 2025
Dit is nie bekend wat vandag gaan gebeur wanneer die saak van luitenant-generaal Joseph Shikongo teen Michael Amushelelo voor regter Boas Usiku voorkom nie. Amushelelo het nie geld om te verdedig nie maar het nog nie gehoor oor sy regshulp aansoek wat hy op 17 April ingedien het nie. Regshulp word normaalweg nie gebied in siviele sake nie. Shikongo vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022, te verwyder. Amushelelo sê hy het die plasing reeds verwyder maar is in werklikheid in minagting van die hof. Hy is vroeër skuldig bevind aan minagting van die hof en 5 000 dollar beboet met voorwaardes dat hy nie weer oortree nie, anders is daar tronkstraf. Shikongo se regslui sê hulle is gereed om voort te gaan met die saak.