Ombud kan nie SWATF help met eis nieJune 10, 2025
Die ombudsman Basilius Dyakugha sê daar is geen dokumente wat die eis van 36 miljoen Namibiese dollar van die oud-SWATF troepe ondersteun nie. Die groep meen die Suid-Afrikaanse regering het die fondse aan die Swapo-regering oorgedra om die troepe uit te betaal maar, Swapo het dit gebruik. Dyakugha sê hy het tydens sy vergadering met hulle, kort na hy in 2021 die amp ingeneem het, gevra hulle moet bewyse van die fondse bring maar tot op hede, is daar niks so hy kan geen stappe neem nie. Die troepe ontvang geen veteraan voordele of uitbetalings nie.