Kendrick Lamar maak skoonskip by BETJune 10, 2025
Die kletsrymer Kendrick Lamar was die groot wenner by die BET-toekennings in Los Angeles. Lamar het toekennings ontvang vir beste album van die jaar vir GNX, beste mans-hip-hop-kunstenaar, video van die jaar vir Not Like Us, en beste samewerking saam met SZA vir Luther. Die kletsrymer het ook die prys gewen vir video-regisseur van die jaar saam met sy kreatiewe vennoot, Dave Free. SZA en Chris Brown is onderskeidelik aangewys as beste vroue- en mans- R&B/pop-kunstenaars. Mariah Carey en Jamie Foxx het toekennings ontvang as top-ikone.