Dippenaar se trustees verdedig nie Joschko se saak nieJune 10, 2025
Die trustees van die bankrot boedel van Jandre Dippenaar, Ian McLaren en Dave Bruni, sal nie die siviele saak wat deur Antonia Joschko gebring is, verdedig nie. Dippenaar is op 6 Desember verlede jaar gesekwestreer. Die saak het vandag voor regter Shafimana Ueitele voorgekom en Joschko se regslui voer aan hulle sal voortgaan met die saak maar vra twee maande se uitstel om die kwantum, of bedrag wat sy eis, en dit nodige bewyse daarvan voor te berei. In haar eis het sy skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar en amper 715 000 euro gevra na die ongeluk in Desember 2014 waar haar ouers en suster dood is.