CoW wil elektrisiteitstariewe met 4% verhoog June 9, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het voorgestel dat elektrisiteitstariewe vir die 2025/26-boekjaar met 4 persent verhoog word – hoër as NamPower se goedgekeurde gemiddelde verhoging van 3,8 persent. Die munisipaliteit motiveer sy verhoging deur die bevolkingsontploffing in Windhoek en die gevolglike koste verbonde aan die voorsiening in die groter vraag.