Waterverliese in SA styg tot 47%June 8, 2025
AfriForum bestempel die departement van water en sanitasie se oorlog teen lekkasies in Suid-Afrika as ‘n volslae mislukking. Lambert de Klerk van AfriForum sê die projek, wat in 2015 ten koste van 4,7 miljard rand van stapel gestuur is, het die krisis net vererger. De Klerk beweer waterverliese het vanaf 35 persent tot 47 persent gestyg. Die Spesiale Ondersoekeenheid het wydverspreide bedrog, onvolledige werk en wanbestuur aan die lig gebring. De Klerk doen ‘n beroep op die regering om bekwame gemeenskappe toe te laat om herstelwerk- en infrastruktuur-onderhoud regstreeks te bestuur.