Kouefront bring reën, sneeu, sterk wind in SAJune 7, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ‘n kouefront met ysige toestande, reën en sneeu in dele van die land, van vandag tot Maandag. Die Wes-Kaap sal vandag eerste getref word, met sterk wind en verspreide buie. Sneeu word voorspel oor hoogliggende gebiede in die Wes- en Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge. Die weerdiens waarsku temperature in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes sal daal. Inwoners word versoek om gereed te maak vir koue en nat toestande.