Walvis kry N$75m inspuiting vir Farm 37June 6, 2025
Die munisipaliteit van Walvisbaai het ‘n reuse-hupstoot van 75 miljoen Namibiese dollar van die stedelike ontwikkelingsministerie ontvang vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Dit sal volgens Forbes die uitdaging van agterplaas plakkers aanspreek. Die werk moet teen Februarie volgende jaar voltooi te wees en teen middel September teiken hulle 60 persent voltooiing.