Zim-boere verwag groot tabak-oesJune 5, 2025
Zimbabwiese boere het verlede jaar meer as 240 miljoen kilogram tabak geproduseer, wat meer as 1,4 miljard Amerikaanse dollars in uitvoere verdien het. Die land se tabakbemarkingseisoen het in Maart afgeskop, en belanghebbendes verwag vanjaar groter oeste weens gunstige reënval. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van die land se kommersiële boere-unie.