Fishrotters in die hof, soek steeds verskuiwing vanaf EchoJune 5, 2025
Die Fishrot-lot is terug in die hof vandag en sit hulle pogings om uit die algemene bevolking, of te wel, Echo-afdeling van die gevangenis, verskuif te word. Die aansoek vandag is teen die minister van veiligheid en sekuriteit. In die jongste hofdokumente wat deur James Hatuikulipi, saam met vyf ander, ingedien is, beweer hulle dat korrektiewe owerhede bewus is van die dreigemente wat die groep ontvang van ander gevangenes. Hy beweer hulle word getart, en word daarvan beskuldig dat hulle gesteel het en al die vis geëet het. Hy sê verder hulle kan nie voldoende voorberei vir hulle verhoor nie. Hy meen ook hulle regte word geskend. Regter Orben Sibeya hoor die nuwe aansoek, na hulle voorheen misluk het, aan.