Telecom rol 5G-stasies uitJune 4, 2025
Telecom Namibia ontplooi tans nuwe mobiele basisstasies wat 5G-geaktiveer is, terwyl hy voortgaan met pogings om sy netwerk te moderniseer en toegang tot hoëspoed-verbindings regoor die land uit te brei. Telecom se uitvoerende hoof, dr. Stanley Shanapinda sê die uitrol van 5G-infrastruktuur is ‘n sleuteldeel van die maatskappy se strategie om Namibië in pas te hou met wêreldwye vooruitgang in mobiele tegnologie. Dit kom na die kabinet die ontplooiing van 5G-tegnologie in Namibië in 2022 goedgekeur het, wat bedoel is om hoër multi-dataspoed, meer betroubaarheid en groter netwerkkapasiteit te lewer.