Span Namibië kraai koning by swemkampioenskap in AngolaJune 4, 2025

‘n Namibiese span van vyf swemmers het uiters goed presteer by Angola se 50ste Onafhanklikheidsviering Swemkampioenskap in Luanda. Die Namibiese Watersport-federasie se span het deelgeneem teen vyf ander nasionale- en klubspanne by die driedaagse gala. Die Namibiërs het as die beste span uit die stryd getree, met 22 goue medaljes, 10 silwer en vyf brons, en ook die vroue-afdeling oorheers. Die 14-jarige Ainoa Naukosho was benoem as beste vroulike swemmer, met ses goue medlajes en een silwer.