Slagting op Tiananmen vandag 36 jaar geledeJune 4, 2025

Dis is vandag 36 jaar sedert die Tiananmen-plein-slagting in Beijing in China. In April 1989 het studente en burgers op die plein begin bymekaarkom om te protesteer teen politieke korrupsie, sensuur en ‘n gebrek aan politieke en ekonomiese hervormings. Die vreedsame demonstrasie het in omvang en intensiteit gegroei. Die Chinese regering, wat nie bereid was om te onderhandel nie, het krygswet afgekondig en militêre magte ontplooi om die plein leeg te maak. Op die nag van 3 Junie en die oggend van 4 Junie het troepe begin om op betogers en omstanders te skiet wat honderde, met sommige wat meen duisende, protesgangers gedood het.