Wat van Namibië, na Botswana groei na 0% aanpas oor diamantverkopeJune 4, 2025
Botswana sal sy ekonomiese groei-voorspelling vir 2025 tot byna nul verminder weens die langdurige afswaai in die wêreldwye diamantbedryf, het ‘n senior amptenaar in die finansministerie gesê. Botswana is die wêreld se voorste produsent van diamante volgens waarde en die ekonomie steun grootliks op diamantuitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor.
Hy sê hoewel diamante ook een van Namibië se belangrikste uitvoere is, sal die land steeds positiewe BBP-groei aanteken.