Namport sluit weer beter af, soos elke jaarJune 4, 2025
Namport het 253 996 20-voet-ekwivalente eenhede in die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het, hanteer. Dit verteenwoordig ‘n toename van 33 persent vergeleke met verlede jaar. Die groei, wat neerkom op ‘n bykomende 82 845 vraghouers, is behaal ten spyte van ‘n daling van 13 persent in vaartuig verkeer. Volgens die owerheid se kommersiële uitvoerende hoof, Elias Mwenyo, is die afname in skeepsaankomste geneutraliseer deur groter vaartuie. Namport het ‘n totale vragdeurset van 8,42 miljoen ton by beide Walvisbaai en Lüderitz aangeteken, ‘n styging van 4,8 persent in 2024.