Kalkrand-boer sterf in vliegongelukJune 1, 2025
‘n Boer van die Hardapstreek is Saterdagoggend in ‘n vliegongeluk op sy plaas in die Kalkrand-omgewing dood. Die 53-jarige Jannie Spangenberg het sy plaas Gras met ‘n mikrovliegtuig ten tye van die voorval gepatrolleer. Volgens polisiekommissaris John Mwatongwe van Hardap kon die vliegtuig skielik nie styg nie en het dit omstreeks 09:30 in ‘n bergagtige deel van die plaas neergestort. Spangenberg is op die toneel oorlede. Sy seun was saam met hom in die vliegtuig en het oorleef.