Khoekhoegowab-, Afrikaanse onnies bitter skaarsJune 1, 2025
Die ministerie van onderwys sukkel om gekwalifiseerde onderwysers in Afrikaans, Khoekhoegowab en Setswana te kry, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Steenkamp het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê meer beurse is nodig vir onderwysers wat hulle in dié tale wil bekwaam. Namibië benodig sterk, gekwalifiseerde onderwysers uit gemeenskappe, het sy gesê.