‘Pasop vir vreemdelinge op afspraak-apps’May 31, 2025
Die Gemeenskapsveiligheidskomitee in die Gautengse Wetgewer waarsku die publiek om versigtig te wees as hulle vreemdelinge op afspraak-toepassings ontmoet. Dit volg na ontvoerings en aanvalle in Maboneng ontbloot is tydens ‘n onverwagte toesigbesoek aan die Jeppe-polisiestasie in Johannesburg. Die slagoffers, insluitend LGBTQIA+-individue, word ingelok en dan beroof of aangerand. Die komitee-voorsitter, Bandile Masuku, het die polisie se vordering met die Olorato Mongale-moordsaak verwelkom en versoek die publiek om te help om die ander verdagtes op te spoor en om waaksaam te bly.