Oorgrensmisdaad amper soos oorlog, sê DAMay 31, 2025
Die DA eis dringende maatreëls om toenemende oorgrensmisdaad aan die Lesotho-Vrystaat grens aan te pak. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê aanvalle, insluitend die wrede slagting van 18 beeste naby Wepener, kan met ‘n lae-intensiteit oorlog vergelyk word. Jankielsohn eis verbeterde wetstoepassing, die gebruik van meer tegnologie en ooreenkomste oor oorgrens-agtervolging. Hy waarsku landelike misdaad bedreig voedselsekerheid en boere se lewensbestaan.