Krieket: Protea-kaptein verleng Aussie-kontrakMay 28, 2025
Die Protea Vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, sal vir nog twee jaar beskikbaar wees vir Adelaide Strikers in Australië se Women’s Big Bash League. Sy het haar kontrak verleng na vyf seisoene waartydens sy 1 726 lopies aangeteken het. Die 26-jarige Wolvaardt sê die span het haar tweede tuiste geword, en sy is opgewonde en vasbeslote om hulle te help om meer sukses te behaal. Die span het die titel in 2022 en 2023 gewen, maar verlede jaar sewende geëindig. Vanjaar se kompetisie begin in November.