Windhoek sal nie in wetteloosheid verval, sê CoWMay 25, 2025
Die Windhoekse munisipaliteit het reageer op ‘n voorval vroeër vandeesweek waartydens die stadspolisie se optrede teenoor informele verkopers voor ‘n kettingwinkel in Werner Liststraat in die middestad fel kritiek uitgelok het. Volgens CoW kla besighede toenemend op informele verkopers wat onwettig voor hul winkels sake doen, kliënte steur en ingange versper. Dit hou ook ‘n veiligheidsrisiko vir die verkopers en die publiek in. CoW sê hulle is vasbeslote om saam met stadspolisie te verseker dat die stad nie in wetteloosheid verval nie.