Sokker: Carlo Ancelotti groet Real MadridMay 25, 2025

Real Madrid se afrigter, Carlo Ancelotti, het sy waarskynlike opvolger, Xabi Alonso, alle voorspoed toegewens. Alonso, wat Bayer Leverkusen tans afrig, is gereed om die leisels oor te neem voor die Klub-Wêreldbekertoernooi, hoewel Madrid hom nog nie amptelik aangewys het nie. Ancelotti het gepraat voor vandag se La Liga-wedstryd teen Real Sociedad op die Santiago Bernabeu – sy laaste wedstryd voordat hy die leisels van die Brasiliaanse nasionale span oorneem. Ancelotti het Madrid oor twee tydperke vir altesaam ses seisoene afgerig en 15 trofees gewen.