Missiele reën vir tweede nag op KievMay 25, 2025
Rusland het die Oekraïnse hoofstad Kiev vir ‘n tweede nag met missiele en hommeltuie aangeval terwyl die twee lande honderde krygsgevangenes uitgeruil het. CNN berig drie mense is oornag dood in aanvalle op die streek rondom die Oekraïnse hoofstad, ‘n dag nadat minstens 13 mense regoor Oekraïne in Russiese aanvalle dood is. Die aanslag op die hoofstad kom te midde van toenemende internasionale druk op die Russiese president Vladimir Putin om ‘n wapenstilstandvoorstel te aanvaar en die meer as driejaar-lange oorlog te beëindig.