NNN maak begin met petroleumeenheid in presidensieMay 23, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het voormalige adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, aangestel as spesiale adviseur en hoof van die Stroomop Petroleumeenheid in die presidensie, terwyl Carlo McLeod as spesiale adviseur en die eenheid se adjunkhoof aangestel is. Hy was Chevron Namibië se adjunk-hoofbestuurder vanaf 2023, en adjunkdirekteur van die direktoraat petroleumaangeleenthede in die energie-ministerie van 2015 tot 2023. Die aanstellings is onmiddellik van krag. Luidens ‘n verklaring word van hulle verwag om die Stroomop Petroleumeenheid op die been te bring en die bestaande regulatoriese raamwerk te hersien. Hulle moet ook beleide voorstel vir die bestuur van die petroleumbedryf, insluitend die effektiewe en doeltreffende bestuur van die stroomop petroleumsektor.