Laaste kans om Namibië Rugby Premierliga-semis te haalMay 23, 2025

Verskeie spanne is nog in die stryd om môre vir die halfeindstryde van die Namibië Rugby Premierliga te kwalifiseer. Voorlopers Wanderers op 39 punte en die tweede geplaasde Kudus op 29 punte het reeds hul halfeindstryd-plekke bespreek. Unam en Grootfontein, albei op 21 punte en Trustco United op 20 punte is voor in die stryd vir die laaste twee plekke, terwyl selfs Western Suburbs en Rehoboth, albei op 17 punte, steeds ‘n kans het om die halfeindes te haal. Unam takel Kudus in die Hage Geingob-stadion, Grootfontein is gasheer vir Rehoboth, Wanderers ontvang Suburbs en United speel weg teen Dolphins.