ReconAfrica soek steeds groter stuk van Kavango-komMay 22, 2025
ReconAfrica en Namcor spook steeds om ‘n transaksie te voltrek ingevolge waarvan die Kanadese olie- en gasmaatskappy die helfte van Namcor se belange van 10 persent in ‘n eksplorasielisensie in die Kavango-kom in die noordooste van Namibië sal verkry. ReconAfrica het Woensdag gesê onderhandelinge met dié transaksie, wat reeds sedert 2022 voortsleep, is steeds aan die gang. Ingevolge die transaksie sal ReconAfrica meer as 600 miljoen Namibiese dollar vir Namcor se belang in die lisensie betaal.