Welwitschias buig die knie teen sterk ItaliëJune 27, 2025
Die Welwitschias het 6-73 teen ‘n sterk Italiaanse span verloor in hul toets op die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Die Welwitschias het 6 punte met die skoen aangeteken, terwyl hulle twee strafdrieë aan Italië afgestaan het. Die rustydtelling was 6 – 40. In ander rugbynuus is die Namibië Skolesport Unie se Onder-13-span op pad na die Craven Week Rugbytoernooi in Oos-Londen, Suid-Afrika. Die volgende geslag Biltongboere vertrek môre en speel hul eerste wedstryd Maandag teen Zimbabwe.