Krieket: Mumbai Indians in IPL-uitspeelronde May 22, 2025
Die Mumbai Indians het die Delhi Capitals met 59 lopies verslaan vir ‘n plek in die Indiese Premierliga se uitspeelronde. Suryakumar Yadav het ʼn onoorwonne 73 van 43 balle behaal en Mumbai het 180 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. In antwoord daarop het Mitchell Santner en Jasprit Bumrah met die bal beïndruk en elkeen drie paaltjies platgetrek. Delhi is op 121 uitgeboul met tien balle wat oorbly. Mumbai sluit nou in die uitspeelronde aan by Gujarat Titans, Royal Challengers Bengaluru en Punjab Kings.