Hoërhof beveel NDF om rekruut op werwingslys te sitMay 22, 2025

Die Windhoekse hoërhof het die Namibiese Weermag beveel om die 19-jarige Joel Jacob weer in sy Mei-inname werwingsprogram in te stel nadat hy aanvanklik nie op die lys was nie. Dit was ten spyte daarvan dat hy aan al die werwingskriteria voldoen het. Jacob het ‘n dringende aansoek teen die Weermag gebring na hy uitgesluit was. Die aansoek was ondersteun deur indiwidue wat glo sy saak kan breër ongeregtighede in die Weermag se werwingsproses blootlê. Regter Gerson Narib was op die bank.