Groenwater ‘n inspuiting vir ekonomieMay 21, 2025
Die 2025 Buitelandse Direkte Beleggingsverslag identifiseer belangrike gebiede wat die land se ekonomiese diversiteit sal aandryf. Dit sluit onder andere die voedselbedryf, dienste, mynbou en toerisme in. Die verslag sê Namibië het 14 agtereenvolgende groeiperiodes beleef weens groot beleggings in die mynbou- en eksplorasie-sektore. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Mnyupe, die groenwaterstof-kommissaris en voormalige ekonomiese raadgewer in die presidensie, wat verduidelik hoe groenindustrialisasie sal bydra tot die tersiêre sektor en buitelandse beleggings sal lok.