Cosana netbal klub-kampioenskap die week in WindhoekMay 21, 2025
Windhoek is van môre af gasheer vir die eerste klub-kampioenskap van die Konfederasie van Suider-Afrikaanse Netbalverenigings, Cosana, in 20 jaar. Die 11 top-spanne van vyf lande sal mekaar die stryd aansê by die Patrick Israel Iyambo Polisiekollege in Olympia. Namibië word verteenwoordig deur Namibië Korrektiewe Dienste, die huidige MTC Netbal Namibië Premierliga kampioene, asook die Namibiese Vloot, Mighty Gunners en Wanderers. Zimbabwe het twee spanne gestuur, Botswana drie, en Eswatini en Lesotho een elk. Die eerste wedstryd begin om kwart voor 11 môre, en die eerste Namibiese span in aksie is Namibiese Vloot teen ZDF Queens om half-twee môremiddag.