Steenhuisen sal druk vir Agoa in VSAMay 20, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê die belangrikste sake op sy lys sal die vestiging van handelsbande tussen Suid-Afrika en Amerika wees, veral op landbougebied. Steenhuisen, in sy hoedanigheid as landbouminister, is deel van president Cyril Ramaphosa se afvaardiging om in Amerika met president Donald Trump en senior amptenare te vergader. Hy sê voorkeur-handelsooreenkomste soos die Wet op Afrika-groei en Geleenthede dra aansienlik by tot die land se ekonomie en dit sal rampspoedig wees om dit te verloor.