Rwanda ontvang 70 witrenosters van SAMay 19, 2025

Rwanda se grootste nasionale park het aangekondig dat hy later vandeesmaand 70 witrenosters uit Suid-Afrika sal ontvang, in die land se grootste soortgelyke oordrag ooit. Die diere, wat tot twee ton kan weeg, sal na verwagting sowat 3 400 kilometer na hul nuwe tuiste in die Akagera Nasionale Park aflê. Die park sê dit is ‘n belangrike mylpaal in renosterbewaring. Witrenosters, wat eens volop in Afrika suid van die Sahara was, is eers deur Europese setlaars gejag en nou, loop die diere deur onder ‘n stropery-epidemie wat hulle grootliks uitgewis het.